Ophou om sulke headings te maak.

Ek moet ophou om goed soos “Nog ‘n Week” of “Alweer Sondag” te gebruik vir headings. Bietjie iets nuuts probeer. Soos “Here hoe kan ek begin glo?”. Dat ek nou nogal ‘n kak week agter die blad gehaad het is versker.

Ek het die hele week low carb geëet en gevas, en teen Vrydag was ek ‘n kilogram swaarder. Nodeloos om te sê ek was in my moer in down. Sommer net daar en dan opgegee. Roomys gekoop en van toe af gevreet. Brood en die hele works.

Van môre af gaan ek weer probeer, die keer nog minder carbs. Ek dink my koffie drinkery jaag my carbs baie op. Van môre af net bietjie room in. Gaan probeer om my carbs onder vyf te hou. Net tot Donderdag.   

Published by

carelkat

Is maar net ek, Carel Venter. Skryf maar net so nou en dan, en meer. Skryf maar net oor alles in my lewe. Op die stadium nie veel nie. Grootste ding in my lewe nou is my app wat ek gebou het, en nou hoop om te bemark.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *