Die tyd stap aan.

Dis verseker, die tyd stap aan, dit wag vir net mooi niemand. En dit is genadeloos. Dit is al amper middel Mei. En die angs oorval my. Ek is nog steeds waar ek was in Januarie. Net ‘n voorbeeld, ek het ‘n maand laas iets geskryf.

Dit voel soos gister. Hoeveel Sondae het ek niks gedoen nie, net mooi niks. Dorp toe gegaan en klere gewas, en dit was dit. Wat keer my, wat maak ek nie iets doen nie, wat maak ek niks doen nie? Hoekom is ek so onseker oor wat ek moet doen?

Ja, en dit is al van Sondag af wat ek die geskryf het, klaar drie dae verby. Dit is nou Woensdag. Ek het af vandag.

En dit is klaar weer Sondag. Dis nou een week na ek die eerste keer begin skryf het aan die post. En voor ek my kan kry is dit einde van die maand, dan kom Junie en dan Julie. En einde Julie bedank ek.

Sien, dit bly dieselfde, alles bly dieselfde die hele tyd, en as jy nie iets gaan doen nie, gaan niks verander die jaar nie. So die plan is nou om die huis op my naam te kry, al my skuld te konsolideer sodat ek net met baie minder oor die weg kan kom, en dan te bedank. Dan moet iets verander, dan gaan dinge nie meer dieselfde wees kom Desember  of kersfees nie. Klaar.

Dan kan ek al die kursusse leer en doen wat ek wil. Ek is te moeg in die aand om te kan werk. Net te moeg, en kaalkop is net te veel op my mind. En ek is net te gatvol vir daai plek. Ek dink even al gee hy my meer, of al sny hy my ure, gaan dit nie werk nie. Ek gaan nie nog ‘n Desember in Tops werk nie. Dis nou klaar. Miskien sal ek die bedank aanskuif na so einde September toe.

So eerste dinge eerste, en laat ek dit op my doele papierjie gaan skryf. Ek moet teen vanaand ‘n RecyclerView kan laai vanaf Firebase af. Doen einge tutorial wat jy moet, maar kry dit reg.

Published by

carelkat

Is maar net ek, Carel Venter. Skryf maar net so nou en dan, en meer. Skryf maar net oor alles in my lewe. Op die stadium nie veel nie. Grootste ding in my lewe nou is my app wat ek gebou het, en nou hoop om te bemark.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *