Moet vandag skryf om iets in November in te kry, anders bly dit leeg. So laat ek dit vandag doen en klaar kry. En ja, dit is waar ons al trek, Novenmber, en dan het so ook die jaar het sy gat gesien. Dit is hoe tyd vlieg, en dit maak my worry. Maar laat ek nie nou begin met “nog ‘n jaar in sy moer in” nie, sal dit meer in Desember doen. Eish, kom ons kyk of ek die jaar kan red deur nog ‘n paar dingetjies te doen.
Ek sal my tyd by die werk nog beter moet benut. Sal moet ophou om hier na vier in die middag nuus te lees die hele tyd. Sal begin om Sotho te leer van dan. Voor die einde van die jaar kan ek Sotho praat, at least redelik goed. Al is dit al wat ek doen.
Daar, daar is dit gedoen. Ek het nou net gepubliseer, so maak nie wat nie, ek het my November een in. Moet maar verseker begin om meer te skryf.