Donderdag

Maar net se hello om in die gewoonte te bly om ietsie te se elke dag. Ek moet dalk die keyboard shortcut kry om die kappie op die e te sit vir “se”. Sal dit bietjie Goolge. Verder gaan dit goed. Wil nie lank skryf nie, miskien gebeur daar nog iets. Aand is nog lank, even more (kort weer die kappie shortcut). Wens ek kan elke liewe gesig wat ek sien uitle (weer die kappie). Ek sal net dit moet aanblaas. Wens hierdie ding in my lewe kom nou tot ‘n end. Raak nou te erg. Elke keer se ek vir myself ek sal dit nie weer laat gebeur nie, en as ek my kry is ek in die strik.

Kry vanaand ‘n kuiergas, weet nie of dit so ‘n goeie idee is nie, maar ons sal maar sien. Net vir haar kos gee, en haar laat slaap. Moet nog my briewe aan Malexie en Sandra skryf. Sal dit nog voor Sondag doen.

Nie meer stock take Sondag nie, is bly daaroor, sorg dat ek my pil drink en laat slaap. Vir die wat my ken, dis nie ‘n slaap pil nie, maar daai pil. Nee ook nie daai pil nie.

So twintig minute dan loop ek.

Het my adversensie op www.bushveldgolf.co.za toe gesit. Kom ek maak dit sommer ‘n link nou. Ek sien hier bo is iets. Kom ek kyk. Ja dit werk, nou kan ek dit gereeld doen, gooi net so ‘n link na die site toe nou en dan.

Ook nog net my Google+ bladsy reg kry, en ook die special Twitter. Sal vanaand kyk hoe.

 

Published by

carelkat

Is maar net ek, Carel Venter. Skryf maar net so nou en dan, en meer. Skryf maar net oor alles in my lewe. Op die stadium nie veel nie. Grootste ding in my lewe nou is my app wat ek gebou het, en nou hoop om te bemark.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *