Miskien is dit beter so.

Ek weet nie of dit is omdat ek Carel se website klaar gemaak het nie, en of dit is omdat ek die gevoel kry ek is klaar met Sandra nie. Of dalk is dit omdat ek en sy gaan reg kom. Miskien maak dit nie sin nie, maar dalk het ek die gevoel gekry ek sal nou van haar kan ontslae raak. Maar daar is ietsie wat in my wens ons kan nou reg kom. Dalk was gister se ontmoeting dalk net wat ons nodig gehaad het om vir haar te wys ek gee om. Ek sien mooi gesigte, goed van “hou van” en so, maar ek ek kry nie bevestiging nie. Dalk wil ek net nie die bevestiging glo nie. Dalk is dit te goed om waar te wees. Sal maar sien hoe loop dinge vandag.

Aan die ander kant dalk het Carel se website my so op getens, dat toe ek klaar is met hom, toe kon ek fokus en relax, om vandag, of net nadat ek hom opgestit het, my mind bietjie helderder te kon kry.  Dit is asof ek meer selfvertroue het om te doen wat ek moet doen, en dan aan te kan beweeg van Sandra af. Of haar miskien net vir ‘n bietjie te laat gaan. Ons sal maar sien.

Ek weet net een ding, en dit is my uitstellery van my, het net te doen met selfvertroue. En ek dink die swak selfvertroue maak my so pateties wees met Sandra. Nadat ek die website klaar gemaak het, en ek besef ek kan dit doen, toe voel ek anders. Miskien omdat ek nou weet ek kan haar kry, of miskien omdat ek weet ek kan mooi sites bou en aan gaan, van haar vergeet.

Maar hoe ek oor Sandra Ngoasheng voel is heeltemal ‘n ander storie, ‘n post op sy eie. Miss Sandra Ngoasheng I write that post just for you, en dan ook een vir Malex.

Published by

carelkat

Is maar net ek, Carel Venter. Skryf maar net so nou en dan, en meer. Skryf maar net oor alles in my lewe. Op die stadium nie veel nie. Grootste ding in my lewe nou is my app wat ek gebou het, en nou hoop om te bemark.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *