Dis nie God nie, maar hoe dan?

Dit is ek, en hoe gaan ek dit verander. Is al lankal vir my gesê iets gaan net gebeur, iets gaan net na my kant toe kom. Maar waneer, en wat moet ek doen? Jy moet Woord spreek, moenie ophou nie, jy het gesien dit werk. Kry jou email reg. Kry jou email reg. Kry jou email reg. Hoeveel keer  moet ek dit nog sê. Kry jou email reg. Jy moet op ‘n “strike rate” konsep begin werk. Dit is net hoe dit werk. Jy kan nie net “nee’s” kry nie, een in ‘n klomp moet die ding vat. En met die hulp wat jy kry, kan dit sommer ‘n klomp wees in ‘n bietjie. En dit sal snowball.

Dan vir die grootes kan jy die app klaar bou om hulle te wys. Kyk hoe dit werk. Jy het daai openbaring gekry, maar jy het dit nog nooit toegepas nie. Doen dit met so tien en kyk hoe dit werk. Tien van die groot manne. Of doen dit met daai hele lys van die grootste groeiende brouerye in Amerika, doen dit met so paar van hulle. Kom aan ou, jy kan.

Dan moet jy iets doen aan jou doele. Jy kan dit nie net die oggend op ‘n stuk papier skryf, en dan by die werk die papier in die hoek gooi. Dit gaan nie vlieg nie. Jy sal moet meer en meer kyk na die papier. Hom ten minste elke uur lees. Jy sal moet, dit kom van God af dat jy dit moet doen. Dit kom van Hom af.

Maar nou lees ek weer van lui wees, die luiaard, soos in Spreuke, baie plekke. Hoe op hierdie aarde doen jy iets, as daar heeltyd iets in jou kop vir jou sê “dit gaan tog nie werk nie, niks kom ooit na my kant toe nie”.

 

Published by

carelkat

Is maar net ek, Carel Venter. Skryf maar net so nou en dan, en meer. Skryf maar net oor alles in my lewe. Op die stadium nie veel nie. Grootste ding in my lewe nou is my app wat ek gebou het, en nou hoop om te bemark.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *