Nou moet ek dadelik begin met die grootste vraag, of twee vrae. Hoe gaan ek hierdie vrees om te bedank aanpak? En waar gaan ek geld kry aan die einde van die maand om my dinge te doen.
Ander groot vrae wat ek het, hoe gaan ek by die Jaco van VKB uitkom, en hoe gaan ek per brood vra, maar die ding bemark kry?
Kom ons begin met die eerste een. Hoe gaan ek nie ‘n moer voel om te bedank nie, hoe gaan ek uitsien daarna om te loop. Wat gaan ek gedoen het, teen die einde van die week om nie bang te wees om te bedank nie? Watse klein stappie gaan ek gevat het om daai klein bietjie nader te wees daaraan om daai vrees te wen?
Miskien moet jy begin om die lys te maak vir die volgende bestuurder. Jou order sheets klaar te hê. Daai twee dinge klaar te kry, of ten minste mee te begin.
So begin om die order sheets klaar te kry. SAB, Coke, Pernod, DGB, Oranje Rivier, Distel, RGBC, Westrand, Milestone, Blue Sky, en so aan.
Dan vat jy die “To Do” lys wat jy vir Willem en Jako gemaak het en jy brei hom uit tot hy heeltemal vir die volgende bestuurder sê wat om elke dag te doen. Van die SAB website tot die elke dag dinge, soos die pallets wat inkom, die orders op watse dag en so aan.
Dis jou grootste probleem op die stadium. Nou die volgende, waat gaan jy die app bemark, of hoe gaan jy maak om tyd te kry om jou plan deur te voer met VKB. Probleem is jy sit by die werk nou die hele dag.
Watse versies kan ek opsê om die oorwinning te kry? Watse versies kan ek sê om nie bang te wees vir Carel nie?