Ok, net met die gewig ding, maar andersins weet ek nie. Kom ons bly by die gewig ding, ek dink ek het hom uitgesort. Ek gaan dit doen met vas. Intermediate fasting. Hier is hoe. Ek doen ‘n ses en dertig uur vas, twee keer ‘n week. Maandae en Woensdae. Dinsdae is ek ultra low carb, as ek so kan sê. Niks carbs nie, miskien drie gram, of hoeveel in ‘n stuk vleis is. Donderdae en Vrydae moet ek nog besluit oor, maar ek dink ek moet dalk ook. Saterdae kan ek cheat, maar met matigheid. Sondae is semi low carbs, maar ek kan hom push tot so dertig of veertig met ‘n aartappeltjie.
Het die week wat verby is die eerste keer onder een en tagtig gekom. Baie goed gevoel, maar Donderdag heeltemal oorboort gegaan. Maar twee dinge weet ek wel. Een is, dit is maklik om ‘n hele dag sonder kos te gaan. Die tweede is, dit werk, en dit is die way wat ek dit gaan gaan doen.
Ek maak vandag huis skoon. Nie jou gewone skoon nie, ek maak huis skoon. Al daai plekke wat ek nie gewoonlik doen nie. Ek doen daai “To do” lysie wat ek my al so lank dreig om te doen.
Het toe vandag huis skoon gemaak. Ordentlik. Die plek is mooi skoon en al die dinge op die “To do” lysie is gedoen. Nou gaan jy sommer sien hoe clear ek my mind ook. Dis snaaks hoe dit werk, maar as my huis deurmekaar is, loop my kop orals heen. Nou kan ek fokus.
Ook snaaks hoe doele neerskryf werk. As ek my doele skryf, kry ek hulle gedoen, as ek dit nie doen nie, tas ek orals rond en kry niks gedoen nie. Ek is opgewonde en bly ek het dit gedoen gekry.
Môre begin ek weer ‘n ses en dertig uur vas. Nee wag, ek het klaar begin. Van ses uur vanaand tot ses uur Dinsdagoggend eet ek niks nie. So môre eet ek niks nie, ek vas. Nie so moeilik nie, glad nie. Ek drink net water en nou en dan ‘n swart koffie. Gaan dit sommer môreoggend doen. Lekker nogal.
Vanaand wil vroeg gaan slaap. Tien uur in die bed. Bietjie lees tot half elf, en dan slaap. Môre moet ek daai email vir John skryf om hom die app ann te bied. So dis nou eers vir nou.