Dis wat ek moet doen, ek moet aangaan en aanhou. Aanhou om die Demo Order App te bemark, aangaan om meer te leer oor app bou. Ek sal nie nou ophou nie. Ek voel net deurbraak is naby. Dis is nou soos wat dit was toe ek amper op een stadium betaal het vir hulp om die app klaar te maak. Ek kan soveel kere onthou, wat ek op ‘n punt was, dat as ek nie aan kon gaan nie, dit alles verlore sou gewees het. As ek nie deurbraak kon kry nie, dit alles verniet sou gewees het.
En ek het elke keer daar deur gekom, elke keer, want hier sit ek vandag, met die app klaar. Nou is ek op dieselfde plek met die bemarking. As ek nie nou iemand gaan kry om die ding te vat nie, dit alles verniet was. Hier was ek al, en hier sal ek deur kom.
Anita bel my nou, eerste keer in beslis meer as twee maande. Kon dink sy soek iets. Gee haar maar toe honderd en vyftig rand. Nou wonder ek waar is die boyfriend? En gaan sy ook vir hom kos maak met die geld wat ek vir haar gegee het? Het vir haar gegee omdat ek wou, iets net vir my gesê “gee haar nog vir die keer”.
Iets mooi en interessant gebeur vandag. Ek sit die hele tyd met ‘n moerse knop op my maag dat Carel my gaan sê of vra dat Markus hier moet kom bly. Nou speel ek die hele tyd in my kop af hoe ek hom gaan andwoord en wat ek gaan sê. Ek vra toe die Here, of ek sê Hom mooi dat dit kan nie werk nie. Hy moet asseblief die oplossing gee. Dit kan net nie vlieg dat ek my Sondae so gaan opbring nie.
Begin toe op aan my site werk, www.bushveldgolf.co.za. Weet ek moet dit doen, maar stel dit hele tyd uit. Ek kry die ding toe reg, en daar begin die spanning weg gaan, So dit is wat die Here my wys: ek het ander dinge wat my gestress maak, omdat ek dit uitstel, en dan begin my kop loop. Dan begin dinge in my kop afspeel wat glad nie gaan gebeur nie. So as dit weer gebeur, moet ek soek wat stel ek af, en daaraan begin werk. Prys die Here vir daardie openbaring.
Kom ons kom terug na die app toe. En bly by die Here wat openbarings gee. In die week kom dit by my op, natuurlik gee ek die Here die eer, dis Hy wat die openbaring gee. Ek begin toe eers te vra wie moet ek kontak om ‘n proposal te stuur oor “Order en Distribution”. En daar begin ek bietjie meer responses kry. Nou kan ek al darem begin praat. Ek is nou seker die deurbraak om daai eerste een te kry is naby. Ek glo dit.