Paar goed wat ek moet reg kry so sommer nou al. En paar goed wat moet gebeur voor einde Januarie. Jy kan mos maar onder die laai skryf, kan jy nie? Dis wat ek myself nou vra, as ek dink ek moet die rekanaar links skuif en dan my skryf boeke regs sit, of andersom, want die muis gaan pla. En dis gedoen, my laptop is nou heel links op die lessenaar, en die doele en skryf boek is nou onder die lampie regs. Kan ook sommer die “muispadkarton” ook wegvat, want die muis werk goed genoeg op die tafel. Dis nou ‘n klomp kak wat ek geskryf het, maar who gives a shit. Dis my blog en niemand lees hom, en ek verkies dit so. As jy dit lees: welkom.
Hoe gaan ek van die clutter in my kop ontslae raak. My gedagtes is net mooi orals oor alles. Dis my kos, dis my plek, dis my werk, dis my app, dis my boeke,dis my Bybel lees.
Ek moet weer begin om my plek skoon te maak. Begin kas vir kas, vertrek vir vertrek. Laat ek dit net eers sê, my plek is nie vuil nie, inteendeel, hy is baie skoon, maar dis deurmekaar. Goed wat ek nie gebruik en soek nie lê die hele plek rond. Net gemors orals. Sal dit eerste moet skoon maak, sal begin met ‘n boks ‘n dag, en daarna sal ek die spaarkamer doen. Dit gaan ek die week doen.
Ek gaan nou publiseer, en dan gaan ek nog een skryf oor die planne met die app. Gaan eers ‘n lekker koppie koffie maak. Klere ook ophang. Dan gaan ek ook vandag spandeer aan skryf, my planne en my doele eers op papier sit.