Vroeg in die jaar.

Eerste Sondag van die jaar, lekker rustig by die huis en reeds aan die dink. Waaraan dink ek? Ek dink wat moet ek die jaar verander om nie weer op te eindig op presies dieselfde plek aan die einde van die jaar nie. Een ding weet ek, ek sal moet begin by my gedagtes. Ek kan nie dieselfde dink nie. Ek weet dit is die geheim. Dit lê by my gedagtes. Dit weet dit. Die gedagtes wat ek groot maak, die gedagtes wat ek dink as ek in die oggend my koffie drink. Die gedagtes wat ek dink as ek werk toe ry, en by die werk is.

Dan weet ek dit lê ook by my gewoontes. Dit wat ek doen as ek by die huis kom. Dit wat ek doen as ek opstaan in die oggend. Hoe gaaan ek dit verander. Wat sê hulle: “kan nie aanhou om die hele tyd die selfde ding te doen, en dan ander resultate verwag nie”. Ek sal iets moet verander.

Miskien moet ek terug gaan na die “wat werk en wat werk nie” papier toe. Die probleem is daar ek kan nie eitlik sê wat werk nie, want ek het nog nie lank genoeg iets gedoen om uit te vind of dit regtig werk of nie. Ek weet wel wat werk nie, en dit is wat ek nou doen.

Passie. Ek sien Carel gister of eergister in sy winkel, hoe hy daai muur doen. Ek bewonder die ou se passie. Toe ek hom so sien, toe weet ek dit is wat ek kort. Daai passie. En dit is nie die eerste keer dat dit by my opkom nie. Toe hy die rakke gedoen het, selfde ding by my opgekom. Ek moet so ‘n passie by my kry oor my app.

En ek het vandag. Net weer begin, en goeie vordering gemaak. ‘n View in gesit wat dwars oor die skerm swipe. Lyk baie goed. Ook ‘n vraag gepost op ‘n website, en dit was nie so bad nie. Wag nou net op ‘n antwoord. Moet dit baie meer doen. vra net, hê net meer passie, doen dit.

Klaar in die bed gewees en toe gou opgestaan om die inskrywing klaar te maak. Kan hom nie môre publish nie. Moes dit Sondag doen. Lekker hoender in die Weber gemaak. Nogal lekker. Res van Oom Andre’ se sous gevat en die hoender daarin laat lê. Goed gewees. Sal hom nie volgende keer in die bak los nie, hom eerder op die kole gooi. In die Weber nog steeds.

Leave a Comment