Die Demo Order App is op. Ja die Demo Order App is op die Google Play Store. Wat ‘n pad. Van die eerste video wat ek gekyk het, toe die idee, dan die bou, die vas brand vir drie weke op een ding, die andwoord kry daarop en die dans van blydskap daarna, en uiteindelik die publishing op Play Store. Ek loof en prys My Here daarvoor, ‘die Here wat die Vader in my kop gesit het. Die Here wat Jesus Christus moontlik gemaak het. Daai Here is die Christus. Ek loof hom, en die Vader en sy Heilige Gees. Here mag ek nie verkeerd wees in U oë met wat ek nou sê nie.
Ek kan nie help om nou en dan te dink aan die kere wat ek moedeloos daar gesit het en gewonder het wat nou, en ek dan die andwoord of oplossing gekry het nie. Ek geweet het die probleem is bo my vuurmaakplek, maar ek dit tog reg gekry het. Reg gekry het nadat ek die wysheid versies gesê het. Dit was die Gees gewees. Lag wat jy wil, maar ek weet hoe vas ek was, en hoe het ek daar uitgekom.
Wie gaan ek eerste die app laat download? Miskien moet ek die APK wat op my foon is afhaal en dit self doen. Miskien Anita of Jowi. Wat gaan dit saak maak any way? Weet julle wat, ek gaan dit eerste doen op my klein Samsung foon. Ek verdien dit. Het nou net daai foon op laai gesit, gee tien minute dan doen ek dit. Ek het gisteraand besluit, dit gaan Derick wees, my broer, hoekom kan ek nie sê my boet het die eerste app van my afgelaai nie.
Het gister sewe en tagtig geweeg. Gisteraand toe burgers geëet, en nou weeg ek agt en tagtig. Een doel wat ek sal maak is om onder tagtig te weeg einde November. Ander doel wat ek het is om die pad wat ek loop, te kan hardloop teen einde Desember. Altwee dorpe. Geniet die hardloop, maar party keer is my bene en heupe so seer. Ander kere weer nie.
Gaan nou werk toe.