Gaan ek hulle mis?

Deel gisteraand weer poker, lekker gewees, maar wonder toe of ek die ouens regtig gaan mis as ek daar loop (of as hulle my nie meer gaan laat join nie, vir daai matter). Ek dink ek is maar net in ‘n ander league as daai ouens, nie noodwendig ‘n hoër een nie, maar ‘n ander een. Ek dink seker ek gaan hulle mis, maar dit gaan nie die einde van die wêreld wees nie. Ek sal weer vriende maak, of pêlle sal ek eerder sê. Dis in elk geval net Carel se show. En waar kom hy vandaan? Het altyd gewonder as ek gaan bedank of hy kwaad gaan wees, maar ek dink nou met die brand gaan hy bly wees as ek loop. Ek meen, nog iemand minder om te betaal. Meer daaroor later.

Nou by die groot vraag. Kan God so lief wees vir my dat hy die SPAR laat afbrand het net vir my? Net om my lewe te verander? Ek dink so. Ek dink en glo God is so lief vir my dat hy die SPAR laat afbrand het net om my lewe te verander. Dit klink snaaks, maar lees jou Bybel, en glo dit, dan kan jy sien dit is so.

Voel baie jammer vir my casuals. Gaan vir hulle werk soek. Al ses van hulle. Dit is die minste wat ek gaan doen. Het klaar mooi geloop deur miskien vir Letitia en Bianca iets gereël te kry. Gaan dan ook vir James en vir Sipho iets soek. Ek gaan dit doen. Ek vra die Here van nou af: “Here help my asseblief om vir die casuals wat by my was, elkeen ‘n werk te kan kry”. My hart gaan uit vir hulle, en as God so lief is vir my dat Hy ‘n SPAR laat afbrand vir my, sal Hy my help om vir my casuals elkeen ‘n werk te kry.

Leave a Comment