Net gou ‘n update.

Net gou weer so ietsie skryf. Gaan goed sovêr. Vorder mooi met die app, vorder mooi met die Bybel leer, vorder mooi met die streaklys. Maar vul hom nie in nie, ek doen die goed op hom nogal mooi, maar kleur dit nie in nie. Of ten minste van die goed. Sal dit vandag doen. Is weer die laaste paar dae genail met my af kry, en amper gister weer met my halfdag. Dit regverdig om die tutorials by die werk te doen. As ek net van drie uur tot sewe uur, twee goeie ure se oefening in te kry, sal ek baie vorder. Net die basics leer. Kry ‘n tutorial op die tablet, en tik dit oor. So sal ek die basic syntax kan reg kry.

Hier is ‘n update: met SPAR wat nou afgebrand het gaan die winkel nou baie stiller wees, en kan ek dit nog meer doen. Het ook die plan om vir Dawie te vat as my assistant, en dan kan ek naweke af kry en ook vroeër loop, wat my meer tyd sal gee om my goed te doen. Kom ons kyk hoe werk dit.

Leave a Comment