Gister baie down.

Was gister baie down. Het agter gekom ek sal moet oor begin met die SAB app. Amper heeltemal. Die Listview wat ek gebruik het is outdated, en ek moet eerder ‘n Recyclerview gebruik. Maar hoekom maak dit my down? Al wat ek moet doen is om nie op te gee nie, moet net nie ophou nie.

Dis soos daai een muna my gesĂȘ het: “ons moet net nie ophou trek nie, as jy nie aanhou trek nie, kan jy nie bo uitkom nie”. Ek moet net nie ophou trek nie. Ek moet dit maar net aanhou doen. Doen nou maar ‘n tutorial oor hoe om ‘n Recycler view te doen. En sit dan maar die Recycler view in jou app. Al vat dit nou bietjie langer. Hoeveel langer kan dit vat? Week op die meeste.

En dit kom ek dink op die ou einde alles neer op wat Anita my gister gesms het, dit kom neer op fear. Ek dink as ek mooi dink, wat eintlik gister gebeur het, ek was bang ek gaan nie die Recyclerview baas raak nie. Ek moet net doen.

Published by

carelkat

Is maar net ek, Carel Venter. Skryf maar net so nou en dan, en meer. Skryf maar net oor alles in my lewe. Op die stadium nie veel nie. Grootste ding in my lewe nou is my app wat ek gebou het, en nou hoop om te bemark.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *