Ek is nou werkloos, met net geld om einde Maart my goed te betaal. So einde April, moet ek geld gemaak het op die inertnet (soos ek wil) om te kan aangaan. So wat is my opsies?
Dis die Here!! Ek laat my nie anders vertel nie. Wat het my laat opstaan en die rys gaan kyk, sekondes voor dit brand. Lag maar vir my, maar ek sê dis die Here!! Te veel keer al gebeur. Te veel keer sulke goed al gebeur!! Kyk soos toe ek nie geld gehad het om die krag te betaal nie. Maak Hy plan. Kom ek weg met ‘n hele maand nie hoef te betaal nie!!. Kyk die soek van goed. Dan kry ek dit net deur Woord te spreek!! Maar soos ek sê. lag maar vir my!!
Kom ons kom terug na die werkloos toe en moet iets kry om my goed te betaal einde April. Ek gaan nie net iets kry om my goed te betaal nie, ek gaan iets kry wat my ‘n moerse lot geld gaan maak. Ek weet dit en ek glo dit. Kyk maar!!