Einde van Januarie.

Einde van Januarie en alles nog steeds dieselfde. Nog steeds te bang om iets te doen. Maar ek vorder. Die app het baie promosies op, en ek gaan hom die naweek baie boost. Hoop net ek kry hom op Huawei. As ek nie kan nie, gaan ek hom net op Play Store doen.

Sal net moet iets doen. Nou net 11 maande oor. Hopelik môre begin ek. Sal ook van Petunia moet ontslae raak. Kyk nou graag na Lucy. Ja net as maat. Ek dink dit kan werk. Dit is nou todat ek vir Nomsa Banda kan kry.

Net nog een ding. Nou dat ek so besig is met die app, kry ek nie eers ‘n pak koekies opgevreet nie. Wys jou net, ek eet want ek is verveeld. Bly besig, verloor gewig.

Published by

carelkat

Is maar net ek, Carel Venter. Skryf maar net so nou en dan, en meer. Skryf maar net oor alles in my lewe. Op die stadium nie veel nie. Grootste ding in my lewe nou is my app wat ek gebou het, en nou hoop om te bemark.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *