Ja dis al amper aan die einde van Februarie en dinge is nog steeds dieselfde. Niks verander. Een ding wat verseker gebeur is ek kom al hoe meer wat doen ek verkeerd. Ek oordink – overthink – totaal alles. In my moer in. Soos nou met Petunia. Wat is die storie met Petunia?
Petunia is – dalk was – my meisie. Ek hoop sy is nog. Ek is nogal erg oor haar. Sy is mooi, lag lekker en ek dink, het so gehoor by Lettah, dat sy nie kinders het nie. Maar sy het hierdie ou, of sy is hier een se side chick. Sy hoop hy los sy vrou en trou met haar. Not ‘n snow balls chance in hell. Sy is sy side chick en sy sal dit bly tot sy loop.
Nou is ek en sy so ‘n halwe item. Maar sy wil my nie tyd gee nie. En ek wil dit nie duld nie. Ek soek meer. Meer as net om haar pakkies te pak in elk geval. Ek dink sy is bang die ou sien ons twee saam.