Ons is paar dae van level drie af en dan hopelik Tops oopmaak. Dis nou as die klomp nie die dinge gaan verander nie. Maak my bekommerd dat hulle weer die aankondigging gesluif het na nou eers môre toe. Kom ons kyk maar wat gebeur.
Ek werk nou al die hele Mei, een week aan en een week af. Het my vorige af week net mooi niks gedoen nie, en is nie van plan om die een ook te mors nie. Moet net besluit aan watter een van die apps moet ek werk. Moet ek Dopshop Promotions mooi maak, of moet ek die SPAR een bou. Ek sal nou nou aan die regte een begin werk, daarvan is ek seker.
Baie gewig opgetel in die af tyd, en is nou aan die low carb om weer terug te keer na normaal. Net bietjie vas byt met die roomys tot ek klaar die breuk reggemaak het. Dit kan nie so moeilik wees nie, veral nie as ek volgende week weer in Tops is nie. Dan doen ek Keto en vas sommer vir twintig ure op dieselfde tyd.