Kom ons sê my droom is om geld te maak uit my app uit. Dis nie die hele droom nie, maar ‘n deel van die droom. Die begin.
Nou hier is die ding wat ek gisteraand op afgekom het. As ek net van die begin van Januarie af elke dag ‘n bietjie gedoen het, net een klein ietsie, dan was my droom nou in middel Maart al bewaarheid.
Dit wat ek so droom oor in die oggend oor my koffie, sit kon nou al waar geword het. Net on van twee retailers geld te kry deur die app. So as ek nou as ek hier uitkom begin werk, kan ek voor einde April al geld kry uit die app.
Die punt wat ek wil maak is dit: die tyd vlieg so, dat voor jy jou oë uitvee is twee maande verby. En as jy elke dag net iets gedoen het, kan jy wees waar jy vandag wees om te wees.
En so kan dieselfde gebeur oor twee jaar. Ek droom nou oor om my app te verkoop. As ek nou begin werk, twee jaar vlieg so vinnig, as ek my oë uitvee kan ek onderhandel om hom te verkoop. Mits ek elke dag ietsie doen.
En dit geld vir jou ook my vriend of vriendin wat hier lees. Verstaan jy dat dit vir jou ook geld. Voor jy kan kyk is die jaar in die helfte. En as jy elke dag iets doen, kan jy einde Julie wees waar jy nou droom om te wees.
Ek droom nou om teen einde Junie uit ten minste agt van die tien retailers op my app geld te maak. Dit is my droom nou, wat is joune? En as ek, as ek hier uitkom elke dag iets doen, kan daai droom werklikheid wees einde Junie.