Net so ‘n lang update oor alles.

Dis Sondag, my lekkerste skryf dag. Baie het gebeur, en baie moet nog gebeur. Maar eers ‘n groot eye opener. ek het gesien dat ek die hele April sovêr net vir ontrent vier mense genader oor die app. Miskien vyf. Dis nou al Donderdag.Dan is ek kwaad vir die Here oor niks na my kant toe kom nie. Dit gaan nie vlieg nie. Ek kan nie verwag dat elkeen wat ek nader moet die app vat nie. Alles werk ten goede mee vir my wat God liefhet. Ek moes dit net insit. Maar ek moet my deel doen.

Ek moet beheer vat oor my lewe. Ophou kerm bid. Heeltyd aag Here, aag Here. Ek moet soos’n koning my lewe doen, my emails skryf.

Hoe gaan ek God verheerlik in my lewe, as ek dit nie doen deur alles van Hom te verwag nie. As ek dit nie doen deur elke email te verwag dat Hy dit moet laat uitwerk nie. Wat moet ek doen? Hoe gaan ek God se naam groot maak?

Hier bel ek toe vir Victor, en daar sê hy my toe hulle sal die app toets op een roete. Gisteraand was ek in my moer in omdat ek dink hulle het my gecut. Ek sal moet werk aan my gedagtes, heavy.

Dit is my wens: dat ek God se Gees so sal gehoorsaam, dat ek nooit oor ‘n tree in my lewe sal twyfel nie. God, sal U asseblief vir my daai wens waar maak. Hoe gaan ek dit doen.

Leave a Comment