Paar dinge.

‘n Paar dinge het gebeur vandat ek laas geskrywe het. Ek het op baie interresante dinge afgekom op my site se stats. Stats wat my baie sê. Ek het begin om ‘n volgende kusus te doen oor app bou. En ‘n ander klein verrasingkie. En ek sien al local mense oor die app.Die app is seker op die stadium die grootste ding in my lewe. Redelik alles draai om dit. Die bemarking, die battle in my gedagtes oor hoe gaan ek die hele ding nie ook opfok nie, en hoe gaan ek hom verbeter. Die gewig verloor is ook ietsie, maar dra nie veel gewig nie. Dit was nou snaaks.

Kom agter op my website se stats dat ek kry baie besoekers as ek die aand emails geskryf het. Maar ek sien dat die mense, die visitors bly net so dertig sekondes op die site. So die mails werk, dit gee my moed, maar hulle sien op die site wat hulle afskrik en wegjaag. Sien ek het sommer vinng geld gepraat. Ek het dit nou afgehaal. Ek sê ook nie meer hoeveel ek vra nie.

Dan sal ek ook die foto’s wat bo, net onder die header is, moet verander. Ek sal die goed bymekaar moet sit met ‘n beskrywing by. Soos al die “Register” screenshots bymekaar met ‘n beskrywing. Dan al die voorblad screenshots op ‘n ander een, met ‘n beskrywing. Ek dink dit sal beter wees. Die mense sal ‘n beter idee kan kry van wat aangaan.

Maar ek dink die beste nuus is dat die site trafic kry. Ek was baie bly toe ek dit sien. Dit beteken ek sal die emails in die aand moet pakslae gee. Baie hard. En as ek toesluit die dag sal ek my email kwota maklik kan verdubbel. Kom sê ek stuur twintig op ‘n aand, kan ek dit na vyftig toe vat ak ek toesluit. Maar dit gaan niks help as ek nie die regte mail stuur nie. Ek sal dit, dis nou die email of die bewoording van die email ook moet fine tune.

Miskien moet ek so twee in Amerika eers verniet bou. Kies twee nice ouens, ouens wat die moeite gedoen het om my terug te mail, en sê vir hulle ek sal die ding vir die eerste drie maande verniet vir hulle gee. Miskien moet ek na so ‘n hele projek kyk. Laat weet op die website daar is ‘n drie maande trail. Ek dink so.

Ander ding is ek het begin om nog ‘n kursus te doen deur Udacity. Dis die website waar alles begin het. Die hele Android storie.

Ek het die ding halfpad gedoen toe vra hy my password, pleks ek hom insit, maak ek die blokkie toe. Vee toe alles uit wat ek bo die paragraaf geskryf het. Ek dink die belangrikste bo dit was die verrasingkie waarvan ek bo gepraat het. Wil dit noem om die inskrywing volledig te maak.

Anita het laas Maandag al vir my haar kar kom wys. Ek was baie verras met haar besoek. Mooi kar ook wat sy gekry het. Baie sterk kop(of mind) op haar die meisie. Wens ek kan ook so versekerd wees. My nie laat rond fok deur my gedagtes nie. Dis nou al lankal verby, maar dit was nogal lekker om haar te sien.

Gaan nou ‘n nuwe inskrywing maak.

Leave a Comment