Die vraag bly…

Die vraag bly: hoe? Hoe glo ek in Jesus. Vra jouself dit mooi af, hoe glo jy in Jesus? Hoe doen ‘n mens dit? Hoe glo ek na Jesus toe, en laat dan ontstaan net wat jy vra? Hoe vra ek of jy iets in Sy naam? Dit kan vertaal word, wat julle ook al op my manier vra, sal ek doen. Hoe vra ek dit op sy manier? Net ‘n klomp vrae, maar dit is goeie vra, en ek soek die andwoorde daarop. En ek wonder daaroor. En ek glo Hy gaan Hom aan my openbaar. Ek hoop ek mag dit hier op sit.

Verder gaan dit goed. lekker Sondag, nie te bad weer nie. Miskien bietjie koud, maar beter as vrek warm. Alles is nog toe, net my agterdeur is oop, gaan so nou en dan stoep toe. Paar koppies koffie al gedrink. Dan ook nog net word gespreek. Wil nou gou gou dorp toe gaan, net bietjie room kry en miskien ‘n lekker vleisie vir Dinsdag.

Gaan later, of as ek terug kom vir my ‘n pork belly in die Weber sit. Kan hom goed in die oond maak, maar gaan hom vandag in die Weber probeer. Dis dan al wat ek eet vandag. Net vleis en amper niks carbs nie. sal bietjie ‘n foto opsit. Miskien moet ek ‘n aardappel onder sit sodat ek nie te veel van die sous mors nie, maar dan gaan dit beteken ek eet carbs. Maar onthou die doel van die oefening is om nie gemors te eet nie, en nie te laat in die aand te eet nie. Nie eintlik carbs nie. Kom ons kyk maar.

Wil vandag die Castle Lager en miskien nog ‘n brand opsit op die app. Dan wil ek maak dat hy nie die data uitvee wat in is nie. Al wat dan oor is in die fase is die email na die call centre toe. Die publish van die app en die settings op first download is ‘n nuwe fase. Ek hoop om alles klaar te hê teen die einde van die maand.

Het ek genoem dat ek van nou af Dinsdae af het. Dit gee my ‘n hele dag om my dinge te doen soos Sondag. Ek gaan baie uitgerig kry met dit. Nou sal ek die ding kan klaar kry.

Leave a Comment