Wonderbaarlike wyse hulp ontvang.

Daar is ‘n versie wat ek gereeld vir my sê: Die Here is by my, ek ontvang op wonderbaarlike wyse hulp en word ‘n suksesvolle man. Gisteraand het dit gebeur. Ek het gewonder hoe om te maak dat as ek afscroll, hy die text van die kaste en die pallets gaan onthou. Nou dit was al die tyd klaar in die adapter geskryf wat ek gebruik het as basis vir myne. Dis nie toeval nie, dis Woord spreek. Ek glo dit, en ek glo ek gaan nog meer hulp ontvang.

Sondag se stocktake het toe baie goed gegaan. Die nuwe manier van om agter die tille te tel die Saterdagaand al en net die Sondag te scan werk ook. Die personeel was al twaalf uur uit die winkel uit, en ek net so na een. Ook nie veel meer weg as wat Frans gesteel het nie. Hoop die gestelery  is nou op ‘n end.

As dit by die app kom gaan dit baie goed. Hy is nou so dat hy die palletsize kry en dan as ek die pallets maal die kaste doen werk hy. Soos ek bo gesê het, hy vee nie die texviews uit as ek opscroll nie. Gaan maar my laptop werk toe vat en kyk of ek dalk daar iets kan skryf, anders is hierdie genoeg.

Leave a Comment