Weet wat jy wil doen.

Jy sal moet begin weet wat jy wil doen, dit stap vir stap uitskryf. Dis nou jou enigste opsie. Ek lees baie van die trein afsklim as jy weet jy is op die verkeerde een. Maar die ding is, ek kan nie seker wees ek is op die verkeerde trein, want ek hou nooit vol met ‘n ding nie.

Read more

Wat kan ek sê?

Daar is verseker die winkel oor wat ek kan praat. Daar is seker Nikita oor wie ek kan praat. Daar is Shanay wie ek oor kan praat. Daar is my website en my planne oor wat ek kan praat. So ek sal maar ietsie oor alles sê. Ook net om my ietsie te skryf vir September wat al amper verby is.

Read more

Paar dinge voor lente begin.

Een ding sovêr kan ek sê, dit was ‘n baie power winter gewees. Amper glad nie eers koud gewees nie. Of kom ek sê daar was nie eers een kouefront hier bo gewees nie. Daar was even in Pretoria net een of twee gewees. Dan was dit nie eers so erg gewees nie. So ja, dit was winter en koud gewees, maar glad nie so erg nie.

Read more

Besig om iets nou te doen.

Nee ek doen nie!!! Al weer nie. Of nog steeds nie. Maar miskien môre, dit moet net môre, Ek is seker môre. Al twee projekte, die hoender een en die geld insamel vir die app. En die verkoop van versies. Daar is net so baie opsies.

Read more

Wat gaan ek doen!!

Ek sal iets ander moet doen as wat ek die laaste veertig jaar van my lewe gedoen het. Ek moet iets ander kry om te doen as wat ek die laaste tien jaar gedoen het. Net mooi niks verander, nooit niks. En dit wat ek moet verander is my kop. die way wat ek dink.

Read more

Deel twee van hospitaal storie.

So Derick vat my toe hospitaal toe. Maar snaaks, Derick gaan altyd na sy kamer toe as ek by die huis aankom. Daai aand, die Dinsdagaand, toe voel ek baie hartseer, oor klomp goed, en vir die eerste keer in lank roep ek hom toe om by my te kom sit en te gesêls.

Read more