Ek het gister toe vir Anita êrens heen gevat, nie ‘n date nie, net êrens heen gevat. Moer was ek gespanne voor die tyd. Het geen rede gesien waarom sy saam met my sou wou kom nie. Sy het toe. Ek het hierdie hengse vrees gehaad dat dit moeite is vir haar is om om my te wees. Dit lyk toe nie so nie. Ek het haar Ocean Basket toe gevat. Kos was lekker en het lekker gesêls.
Vanaand deel ek poker, wou eers nie, en het gehoop Dawie deel, maar hy wil by sy boetie gaan braai. So laat hom maar, ek sal gaan deel. Hoop om ‘n paar rand te maak, en Oom Koos my uit te sort en Edmazeka ook, dan is ek oraait tot die einde van die maand. Dan het ek so 2200 te he tot die einde van die maand. Het baie meer, maar dis nou net spending money. Regtig net spending money, om te blaas op shit.
Verder gaan dit goed. Moet nog my entry skryf oor Anita, en miskien ‘n laaste een oor Sandra.
Ek moet ook een of ander tyd my besigheids plan voorlê. In kort, dit gaan van my ‘n pimp maak. maar ek gaan moer baie geld maak. sal begim deur met Grace te praat, die sjef. Sy sal weet.
Kom ons los dit eers daar. Sal later weer post. Ek gaan die site onder www.jowi.co.za sit.
Ek dink ek gaan hierdie nou publish.