Eerste een vir Desember. Al by die vyfde. Weer hier by Steve Biko. Nou by surgery. Hoor vandag wat is die storie. Dink tog ek gaan dit privaat doen. Hoop ek kry ‘n ordentlike dokter.
Sal maar sien hoe laat kom ek hier uit. Ek gaan nie dat dit my stress nie. Fok hulle en fok daai winkel. Dis oor daai plek dat ek so lyk. Hulle sal reg kom, of sal maar moet.
Die app is nou heeltemal klaar. Nou nie heeltemal nie, die eerste fase is heeltemal klaar. Nou vir “New Products” se uitleg. Of dalk “Events”. Sal nog sien.
Eintlik voor dit alles begin moet ek met die bemarking begin. Al wat ek moet doen is om ‘n link te maak na die app toe met ‘n paar screenshots. Dan comment ek op enige iets wat met liquor te doen het.
En stuur die links vir die reps. Stuur hom ou. Sorg dat die promosies op datum is. Jy kan einde Januarie geld maak uit die ding uit.