Skryf ter wille van skryf.

Tyd stap aan en die tyd raak min om iets te skryf vir November. So ek doen dit sommer nou. Wil graag die streak hou, al is dit net een maal per maand.

Moet dit eintlik baie meer doen, veral nou dat ek dit kan doen op my foon. So maklik en so vinnig. Skryf net elke dag iets. Daar is baie wat elke dag gebeur.

Daar is so baie wat ek kan skryf. Die app. Knopkop. Anita Bakers. Gewig. Politiek. God. So baie.

Ek sit nou hier in Steve Biko. Dis so twintig voor sewe. Is so vyf uur by die huis weg. Moet vandag die sonar kom doen om my breuk reg te maak. Dan volgende Donderdag die dokter weer.

Miskien moet ek dit maar privaat laat doen. Baie het vir my gesĂȘ dit gaan nie soveel kos nie. Meen as dit minder as veertig duisend kos is dit die moeite werd. Ek kan self tot sestig gaan. Kom ek kyk vandag wat wys die sonar.

Ek is al elf uur terug. Baie besig en deur mekaar. Die knopkop soek ‘n foto van die syfers elke uur. Gaan hom net een stuur om hom rond te fok. Hy sal my bel vir die tweede een.

Leave a Comment