Agter by die werk.

Sit so bietjie vir die eerste keer in ‘n lang ruk agter in die winkel en tik. Nie veronderstel om dit te doen nie, maar who gives a shit. As Carel nie sluit nie, kan ek seker wegkom daarmee. Ek sal vanaand, of voor die einde van die week moet besluit wat is die volgende stap met die apps. Ek dink ek moet die Demo Order App verander sodat die merchandiser of rep hom kan gebruik. Daarvoor sal ek moet die databasis moet begin gebruik. Sal dit in elk geval ook moet doen as ek die Tops App wil doen.

So ek sal moet sit en mooi uit teken hoe ek wil hê dit moet werk. Sal amper alles van die pet app net so kan oorgebruik. Maar eetste dinge eerste, ek sal moet die Demo Order App weer reg kry. Hom net so bietjie moet verander. Gaan nie opgee met die ding nie.

Vas vandag. Nie so erg nie, maar my kop maak my so pateties. Dit is niks nie, moet net aangaan met my dag. Sal sien of ek dit Woensdag weer gaan doen, of net op die low carb gaan bly. Een ding weet ek, dit werk. Drop ‘n goeie twee kilogram op so ‘n dag. En spaar geld. Hoef nie te worry oor wat ek eet nie en sulke goed nie. Net nie môre dit oordoen nie.

Verder spandeer ek baie tyd aan my kop. Wonder wat doen ek verkeerd. Hoe gaan ek uit hierdie way van dink kom. Hoe kan ek anders optree. Sal verseker in die oggend moet aandag gee daaraan. Die nader storie van die ander Sondag het my goed gedoen. Bietjie my oë oopgemaak. Sal moet begin glo.

Gaan verseker die papiere om die huis te koop in die week ingee. Sal dit op my doele papier moet skryf. Dit is iets wat ek moet doen. Het ‘n ruk terug gelees hoe hou vrees jou terug. Kan net nee kry, en as ek dit kry sal dit my goed doen.

Published by

carelkat

Is maar net ek, Carel Venter. Skryf maar net so nou en dan, en meer. Skryf maar net oor alles in my lewe. Op die stadium nie veel nie. Grootste ding in my lewe nou is my app wat ek gebou het, en nou hoop om te bemark.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *