Kom laat ek net ietsie skryf vir Oktober. Nie ietsie doms nie, ook nie te veel nie, net ietsie. Die jaar het twee maande en ‘n paar dae oor, tien om presies te wees. Wat wil ek reg kry nog voor die einde van die jaar. Ek wil net eers note oor ‘n paar ander dinge. Ek sal my doele vir die einde van die jaar moet neerskryf. Ek het net vier. Skrif leer, Sotho leer, Java tutorials en die app. Dis al. Alles anders kan wag tot volgende jaar.
Met die app bedoel ek die Demo Order App en die Tops app wat ek wil bou. Die Sotho is maklik, by die werk. Die skrif in die oggend. Al wat ek moet balanseer is die Java leer en die app bou. As ek vroeg volgende jaar kan pitch aan Tops sal ek sharp wees.
Het lekker hoender in die oond. Vlerkies om presies te wees. Saam met bietjie aartappels. Gaan baie lekker wees. Twaalf hempde ook in die was. Laas week nie gewas nie. Gaste gehaad. Nog net die vloer dan is die huis weer sliver skoon.