Sal moet hierdie blog reg kry.

Ek sal moet die menu’s van die blog reg kry. Kom ons kyk vir interessantheid. Ja laat ons sien wat gebeur as die blog page oop is op twee rekenaars. Miskien moet ek hom soos hy nou is net meer goed skryf onder nooit ooit. Ja ek dink so, ek gaan net meer goed skryf onder Nooit Ooit en ‘n password opsit. Of dalk moet ek bietjie moeite met die ding doen. Sommer môre vir Carel vra om vir my oop te sluit, net om te wys ek geniet nie hoe dinge nou staan nie. Niemand lees tog die blog nie, of niemand wat ek ken nie.

Kook vir my wors, goedkoop varkwors wat ek by Checkers gekoop het. Eintlik spyt ek het dit gekoop, maar het dit nou en kan dit nie net weggooi nie. En dit maak vet hoor, die pan is ontrent ‘n halwe sentimeter onder die vet noudat dit braai. Dit is hoe dit lyk:

Nou by die werk. Hy dateer hom mooi op, dit lyk ek sal kan skryf op al die plekke. Die wors was toe nie te bad nie, eintlik baie lekker. Het ook die link gekry waarna ek gesoek het. Sal hom sommer nou vir my email. Dit lyk of die ding ook ‘n “Outgoing Mail Server” probleem het, sal hom maar van die huis af mail.

Phew, darem dit vandag by die werk gedoen. Nou net by die huis lekker eet en werk tot so twaalf uur vanaand, dan kan ek more weer vas en vroeg gaan slaap. Donderdag kan ek lekker eet maar nie oor boort gaan nie. Dit is nogal ‘n probleem wat ek moet uitsort, dit wat ek eet op die dae wat ek nie vas nie. Net my gewig onder tagtig hou.

Published by

carelkat

Is maar net ek, Carel Venter. Skryf maar net so nou en dan, en meer. Skryf maar net oor alles in my lewe. Op die stadium nie veel nie. Grootste ding in my lewe nou is my app wat ek gebou het, en nou hoop om te bemark.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *