Doen net iets, enige iets, al is dit baie klein. Vandag weer gesien. Net die laptop by die werk begin, passwords van internet ingesit en Android Studio begin, en ek voel skoon beter. Wys net weer, begin net iets, doen net iets. Niks doen is die problem, niks doen maak down. Selfde het gisteraand gebeur. Net aan die gang gekom met die app, net begin om die knoppies kleiner te maak, en het sommer baie beter gevoel, baie beter. Ek moet dit op my streak lys sit, iets kleins doen elke dag. Veral as dit kom by die app bou, en werk aan die app.
Daar is geen veroordeling vir my wat in Christus Jesus is nie. Dit is verseker so, maar dit gee my nie verskoning om te doen wat ek wil nie, dis ook beslis. Maar daar bly geen veroordeling vir my nie. Geen veroordeling nie. Geen straf nie.
Ek hoop die ding kry klaar met sy updates voordat ek moet huistoe gaan. Lyk darem of hy klaar is. Eerste keer in ‘n baie lang tyd wat ek blog skryf op hierdie laptop. Gaan dit meer kere doen. Ook die sak reg kry vir die ding.
Kyk die plan is so, as ek vas die dag moet ek by die werk aan die apps werk, as ek nie vas nie, doen ek dit by die huis. Maklik soos dit. So met ander woorde, Maandae en Woensdae doen ek apps by die werk, en ander dae doen ek dit by die huis, Daai twee dae slaap ek vroeg en kyk flieks in die aand.
Maar die groot problem bly, die dae wat ek vas is ek geneig om my te oorvreet, en dit moet end kry.
Ander probleem is, ek moet ophou nuus lees by die werk, my in my moer in gehaad gister oor die wapen ding wat uit die hof uit gegooi is.