Wat ek besluit gebeur…..

Wat jy besluit gebeur, dit gaan voorspoedig met jou. Dis amper so iets wat in Job staan, en dit is so iets wat gaan gebeur. Ek besluit dit, en dit sal so wees. God belowe dit dan. Daar is ‘n bakkery in Pietesburg. Hulle verkoop brood. Blykbaar baie goedkoop. Ek gaan hulle nader met my app, ek gaan hulle offer om die app vir hulle te bou, en gaan per brood vra, en ek gaan meer as vyftig duisend broode per dag verkoop.

En as ek klaar is met hulle, gaan ek na hulle ander bakkerye toe, nog twee van hulle, en dieselfde ding daar doen. Dit is hoe maklik dit gaan wees. Ja, dis tyd dat dit gebeur, want die lig breek vir my deur soos die rooidag, ek herstel gou.

Ek loof en prys U Groot Here, om dat U vir my die Gees gegee het, wat ‘n persent om Hom te kon ontdek. Gee my asseblief nog meer. Leer my asseblief om nog meer gehoorsaam te wees, leer my asseblief om Hom nog meer te voel. Asseblief Here.

Donderdag, of nee Vrydag toe kyk ek of my kar water kort, hy kort toe, en ek gooi in. Toemaar, dis my storie, iets sê my ek moet dit nie hier vertel nie. Miskien ander dag, of as jy hier lees en wil weet vra my, dan kan ek dit doen. Maar punt is, dit was verseker die Gees, net iets wat my oortuig het die Gees is daar.

Hoe gaan ek my doele neerskryf, wat werk, en waarvan hou ek? Ek moet dit skryf, dit het ek gesien werk. Ek gaan dit in daai dik swart boek, as ek dit so kan noem, neerskryf. Of miskien moet ek die laaste geel boek, ek dink ek het nog een, neerskryf. Maar die Here sê my genoeg ek moet dit doen, en ek gaan.

Ek loof en prys U grrot God. Ek is lief vir U. Gee my asseblief meer van die Gees. Heilige Gees werk nog meer in my asseblief. Ek moet Johannes weer begin lees en leer.

Published by

carelkat

Is maar net ek, Carel Venter. Skryf maar net so nou en dan, en meer. Skryf maar net oor alles in my lewe. Op die stadium nie veel nie. Grootste ding in my lewe nou is my app wat ek gebou het, en nou hoop om te bemark.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *