Gister toe kry ek die image deel van my app reg. Nou ek sê dit is die Here en die wysheid wat van God af kom wat my dat laat reg kry het, en ek loof Hom daarvoor. Ek het nie meer geweet wat om te doen nie, toe begin ek net goed verander, en daar kry ek dit reg. Nou baie mense wat hier lees, gaan wie weet wat sê, maar ek weet wat het gebeur, en hoe bietjie kennis ek op die stadium het, en hoe vêr ek al trek, en ek weet daar is iets wat van bo af kom. ‘n Kennis soos wat die Bybel sê, wat my goed laat reg kry. Woord wat in die Bybel is, wat ek elke dag opsê, wat my dit laat reg kry. En ek loof die groot Here daarvoor. En hierdie gawe gaan ek aanblaas.
Daai app gaan ek reg kry, en ek gaan nog baie meer bou. Dit is wat ek gaan doen. Snaaks hoe nader ek aan klaar is, hoe meer gespanne raak ek. Gespanne oor hoe my lewe gaan verander, maar ek moet uitsien na die verandering. Dit gaan lekker wees. ‘n Nuwe lewe wat vir my voorlê.
Ek vorder baie mooi met my doele skryf ding. Moet nogal sê, ek dink dit werk. Kry nie juis altyd dit gedoen nie, maar ek vorder met die ding. Hou daarvan, en gaan dit nog beter doen. Ek praat van die setup en die boeke. Die kleure penne wat ek gebruik en so. Moes dit dalk al lankal begin doen het.