Vandag moet ek beslis aan die app gewerk kry. Wil hom so maak dat ek net die email intent moet skryf Dinsdag, dan is ek klaar. Dan moet ek dink aan hoe om hom te bemark. Laat ek net kort die plan gee. Dit maak nie saak hoe ek sukkel nie, of hoe clumsy die app is nie. Ek gaan hom maak en verkoop en ophou werk by Tops en dan Java leer en nog meer apps bou. Kyk al moet ek drie adapters hê, laat dit maar so wees.
So al wat ek kort is dat die app drie buttons onder hê, en dat hy die data moet onthou wat die user ingesit het. Dan moet ek maak dat hy die goed email. So waar moet ek begin? Begin om die app te verander dat hy al die produkte wys. So maak die drie adapters en die drie bladsye vir die verskillende produkte. En maak die flouting menu onder. Dis al. Dinsdag kan jy dan maak dat hy die intent doen, dis nou die email intent.
Skryf so bietjie deurmekaar, maar my kop is ook biejie deurmekaar. Sal moet rustig raak. My musiek reg kry en begin rustig raak. Ook bietjie begin stap in die oggende. Dit sal my kans gee om die dinge ager mekaar te kry.
Een is is verseker: dit is wat ek gaan doen. Het dit al gesê, en sê dit weer, ek gaan nie opgee nie, ek gaan dit doen. Ek gaan aanhou woord spreek oor die ding, en ek gaan dit doen. Klaar. Ek gaan apps skryf en geld maak daaruit, en ek gaan apps verkoop vir ‘n moerse lot geld. Klaar.
Ek gaan hierdie order app skryf en verkoop, genoeg geld maak om my salaris te cover en te bedank, en nog meer leer, en nog meer apps skryf en verkoop.