Dis wat gebeur.

Die tyd vlieg, kyk dis klaar weer Saterdag. Eish. Maar lekker Saterdag. Dag gaan gewoonlik vining om, veral as ek vir my bietjie werk gelos het. Het vir my bietjie invoices gelos om te doen. Vanaand by die huis kom en dit net easy vat. Aan my app werk. movie kyk, en nie te laat gaan slaap nie, sodat ek more vars kan wees en aan die werk kan kom.

Ok dis wat gebeur. Het Sibongile toe geld gegee vir haar salon. Net so in die drie duisend rand. Kan maar sĂȘ so amper vier duisend rand, want het nog vir haar ‘n lead gekoop en handskoene. Sy het gister al haar eerste customer gehaad, en vandag nog afsprake vir nog twee. Ek dink sy gaan goed doen. Sy lyk ook clever as dit kom by besigheid. Deel die perseel met ‘n man wat ook ‘n haarkapper is. Lyk nogal baie mooi.

Anita Bakers was gister by my, of nie by my nie, maar in die winkel. My bietjie omkant gevang. Nie gedink sy sal kom nie. Net bietjie met haar gepraat. Sou verkies het om haar nie te sien nie. was nie reg om met haar te praat nie. Maar nou ja, het maar net geandwoord wat sy my gevra het. Nie dat ek kwaad is vir haar nie, maar sy het my mos laat weet. So kom ons kyk maar.

Die eintlike ding waaroor ek moet skryf is die app, en nie opgee daaroor nie. Sa’ vanaand ‘n post op sy eie skryf daaroor.

Leave a Comment