Trek nogal vêr met my app. Baie tevrede. Moet nog net maak dat as ek op scroll, moet hy die data onthou wat ek ingesit het, en dan moet ek dat hy die bladsy onthou en convert na ‘n email toe. Dis al. Dis sover die app aangaan. In my lewe, ‘n paar ander dingetjies. Ek vat Sondag stock. Sou laas Sondag gewees het, maar nou is dit geskuif na die Sondag toe. Het my ook gepas. Gaan kyk wat is die skade wat klein Frans gemaak het wat gesteel het. Nog net vandag my grv’s doen, en môre my damages doen. Dan tel ons, en hopelik is ons Sondag so een uur se kant uit die winkel uit.
Anita laas gesien die Woensdag voor my verjaarsdag. Nie weer by my kom draai nie. weet ook nie of ek will hê sy moet nie. Wonder waste storie gaan sy my vertel oor hoekom sy my gedrop het. Sal maar sien. Sandra kom darem weer by my draaitjie gooi, al is dit net om paar blikkies Ice Tropez op te tel. Laat sy ook eers haar probleme uitsort, dan sien ons.
Het weer ‘n geleentheid om bietjie besigheid te doen. Sibongile (‘n vrou van Zimbabwe), weet waar om hare te koop. Die enigste plek blykbaar is om in die dorp te koop, nou dink ek daaraan om vir haar so drie duisend rand te gee dat sy so ‘n besigheid kan begin. Ek vertrou haar nogal. Dink ek moet dit doen. Meer daaroor later.
Carel is so selfversekerd oor my. Asof ek vir ewig gaan bly. Ek sal moet werk aan die ding om een van die dae te bedank. Moenie so bang wees ek drop hom nie. Ek dink dit kan dalk in my onderbewussyn ‘n issue wees wat my terug hou. Sal daaraan moet werk. Hy is heeltemal te comfortable met my. Asof ek vir altyd sy winkel sewe uur gaan sluit en eers agt uur by die huis kom. En dit vir ‘n next to nothing bonus aan die einde van die jaar. Sal verseker daaraan moet werk.