Nou sal dinge moet begin. Xan is nou weg, die bakkie is by Arrie om reg te maak. Het besluit om tot einde Januarie tutorials te doen en dan aan te gaan met die app. Maar ek sal moet mooi dink wat ek wil doen. Daar is paar opsies.
Ek moet of Happy Hour App boost, en so geld maak, of ek met een bou vir ‘n groep, soos Ultra Liquors of Liquor City. Ek sal moet rustig raak en mooi bid vir wysheid, En soos en vanoggend gesien het gee God dit. Soos met knopkop en die Savanna’s. God is groot. Hy sal my uit die storie uit help, bedoelende dat ek die regte besluit sal neem.
En Hy sal my die regte ding laat doen met Nomsa Banda. Ek hoop so, of vinnig vergeet of haar kry. Nou gou besig om my video kamera skoon te maak. Ek wil hom bietjie toets en kyk hoe is sy klankkwaliteit. Ek wil ‘n site saam met my app maak, ek dink dit gaan net beter verkoop aan die einde.