Om die eenvoudige rede Anita Bakers het by my kom draai gooi. Ek dink sy wil vir my iets sê. Of ek wens half sy wil vir my iets sê. Soos ek iets vir haar wil sê. Baie om vir haar te sê. Dalk al vandag so bietjie begin.
Sy kom toe vandag daar aan. Dis nou by die werk. Eers die kant toe en daai kant toe en toe besluit ons om oor die brug te gaan. McDonalds toe. Sy praat iets van ‘n chocolate pie. Bliksem dit was toe lekker.