By die werk. Weer probeer.

Hoeveel keer het ek nou al hier gesê dat ek gaan oor begin. Nee, nie oor begin nie, weer probeer. Dit weer ‘n go gee. Orde kry en dit nog ‘n go gee.

Eerste dinge eerste, huis skoon maak. Nie soos in vuil skoon maak nie, declutter. Kak weggooi. Ek lees nou juis hier op die internet van watse effek dit kan hê.

Goed het toe begin en ‘n goeie shot gegee om daai spaarkamer uitgesort te kry. Sal hom teen Maandag skoon hê. Dan verder nie veel nie. Net paar goed nog in die sitkamer. Daai boks met strokies en voorskrifte agter die bank.

Sal moet werk om my mind skoon te kry. Nie soos in vuil nie, maar vol goed. Kan nie twintig sekondes bid of my kop is op ander plekke. Maak dit tien. Sal net moet rustig raak.

Leave a Comment