Lekker wakker en warm, vroeg in my huisie. Dit kan die begin wees van ‘n gediggie. My ou jy moet aan die gang kom, en gou ook. Maak plan om mense te gaan sien. Maak eers plan om daai app kleiner te maak, en mail dan wie jy moet mail. Maak jou mind op of jy die klein manne hier wil doen, of wil jy dadelik groot gaan. Wat wil jy doen, dink mooi daaroor op pad Pretoria toe vandag.
Jy aanbid ‘n groot God aan die einde van die dag. ‘n Grote. En ek glo dit, en ek glo ek is op die regte spoor. Ek glo ek gaan ‘n verskil maak aan mense se lewens. My mense, ander mense in my lewe en my volk.
In elk geval, ek sal moet begin reg kry, aantrek. Ek gaan bietjie Pretoria toe, en moet nog pak, klere in die tas en die kar. Sien uit daarna. Gaan bietjie vir Coen Poen sien, en hopelik vanaand saam met hom braai. En Nien Pien dan ook.
Dan Maandag moet ek aan die gang kom. Eerste met my kop, en dan tweede met die app. Hom kleiner maak en dink watse goed kan ek nog op die voorblad sit, of “landing page” soos hulle dit noem.