Kan jy nou meer, hier sit ek nou. Het gisteraand bietjie laat gaan slaap, nou eers na 6 opgestaan. Net gou iets skryf voor ek verder Bybel lees. Maar Bybel lees moet ek beslis, of will ek beslis. Voel so bietjie moeg, maar miskien sal ek reg wees na my tweede koppie koffie.
Nie veel hoort te gebeur by die werk nie, niks hoort in te kom nie, maar sal dit waardeer het as SAB ingekom het, nou kom hulle eers more, saam Coke en ‘n moerse lot pallets van DC. Dis nou SPAR, dis waar ek werk, of eintlik Tops. Ek is bestuurder van die Tops op Bela Bela, of die ou Warmbad.
Is nou besig om bietjie te leer hoe om apps te bou vir Android. Het ‘n paar idees daar. Gaan vir my makliker as met die PHP, maar ons sal nog sien as ons by die moeilike dinge uit kom. Hoe dit ook al is, ek doen goed en die confidence stadig maar seker op. Net die laaste video kyk van die onderhoud dan is ek klaar met nog ‘n deel. Sal julle miskien vanaand laat weet hoe het die dag gegaan.
Dimitri vra my vir movies, en ek dink nou hoekom is ek gepla om dit vir hom te gee. Dis omdat ek hom nie will drop nie, ek is nie bang vir die ou nie, ek wil nie graag vir Dimitri disappoint nie. Ek hou van hom en wil hom nie drop nie. Hoop hy geniet sy movies. Daar is baie ander mense wie se name ek nie nou will noem nie, vir wie ek nie ‘n moer dit sal doen nie, ek sal myself net uit dit uit bullshit. En dit kom weer uit by ‘n ander ding wat ek vroeër genoem het en graag oor wil skryf, en dit is vriende.