Vandag is Maandag, is hier by Carel se huis. Vir die laaste keer. Gaan dit nie weer doen nie. Te veel moeite om alles te pak en so aan. Doen my ook nie goed nie, ek meen oor hoe ek oor myself voel. In elk geval, dis nou dit. Later miskien meer hieroor.
Werk baie aan hierdie gespanne gevoel wat ek die het. Weet nog nie mooi wat dit is nie. Miskien is dit oor ek nie asem kry nie. Anders is ek net gespanne. Gaan nou bietjie rooibos tee probeer. Sal maar sien wat dit is. Maar kan nie so aangaan nie. Was nooit so gewees nie.
Is bly ek kan weer so bietjie skryf, hoop ek kan in die gewoonte bly. Baie dinge gebeur in my lewe die laaste paar weke, ek dink ek maak vordering. Ek hoop net die idee wat ek van dinge het is die regte een. As ek van die gespanne gevoel kan ontslae raak en actually die stem van die Here hoor, kan ek weet.
Daar is eintlik so baie dinge wat ek hier wil skryf, maar ek is bietjie aan die skrikerige kant. Sal maar seker eendag die moed kry om dit te doen. Goed soos oor vrouens, vriende en werk.
Kom ek sĂȘ eers net gou iets oor vriende, of nee kom ek los dit vir ‘n post op se eie. So sal ek ook dit doen met vrouens, en my werk.