Ek sal Hom sien.

Ek sal Hom sien, met my eie oë sal ek Hom sien, Hom en niemand anders nie, ek smag daarna met my hele lewe. Dis die eerste woorde.

Dis die eesrte woorde wat ek kies om te skryf met hierdie nuwe keyboard van my. Nog ‘n Ducky. Die keer die full size, met die number pad aan die kant. Cherry Blue Switches. Die die Rosa. Baie mooi. Geen fancy back lights nie, net ‘n mooi mechanical keyboard. Baie cool. Paar rande gekos, maar die moeite werd.

Hier is die oopmaak, ‘n prent of wat.

En om terug te kom na die woorde toe, dis my droom, dis wat God my belowe het, dat ek Hom gaan sien en Hy Hom aan my gaan openbaar. Ek is seker ek het die belofte reg gelees. Of gekry.

Ek weet een ding virseker, ek soek nie vir Johannah nie, ek is glad nie eers omgekrap oor die hele ding nie. Fok haar en haar planne. Ek is so bly ek is oor haar, daai vrou ken net een ding, en dit is gebruik. Gebruik almal waar sy gaan. Klaar met haar.

Leave a Comment