Sondag in Steve Biko.

Sondag in Steve Biko. Dis oggend. Almal is besig met hulle rontes. Dokter gesien. Lyk my hulle doen my nou eers Dinsdag.

Ek dink dit is omdat daar te veel noodgevalle is op Maandae. Die saal het baie vinnig vol geword gisteraand. En daar is net een teater oop oor naweke. So ek dink hulle book pasieënte vir die naweek, en as dit te vol is met noodgevalle doen hulle hulle eers Maandag.

Hoekom skryf ek daai kak. Die punt is ek word eers Dinsdag gedoen. Maar ek dink daar is tog ‘n kans dat ek Maandag gedoen kan word. Kom ons hoop maar so. Darem het die dokter nog nie vir my gesê ek kan nie gedoen word nie. Prys die Here daarvoor.

Ek moet net noem ook Nien Pien en Coen Poen. Hulle kom vanmiddag vir my kuier. Bring swieties en chips saam. En rysslaai.

Hulle was toe hier en dit was lekker. Goedjies gebring soos ek gevra het. Wat sou ek doen sonder my boetjies en sussie. Ons sal seker daar wees vir mekaar vir altyd. Ek hoop ons sien mekaar baie oud word. Ek glo ons sal.

Nee weet jy wat? Ek gaan mooi vir hulle sorg een van die dae. At least sorg dat hulle genoeg geld het as hulle aftree. Dit belowe ek. Ek is die laaste een wat in ‘n staatshospitaal lê. Ek gaan vir hulle almal hospitaalplanne en medies kry.

Leave a Comment