En hier is ek.

Hier is ek nou. By Steve Biko en wag vir die dokter om my te sien en hopelik ‘n bed te kry. As hierdie episode kan verby is dit ‘n groot wen. Kom ons hoop dinge loop mooi.

So nou net die dokter vinnig gesien in die waiting area en hy het gesê om my op te neem en te begin bloed trek en so. Kom ons hoop.

Sit nou nog hier maar sal seker nou nou opgeneem word. At least gebeur dit. En toe soek hulle my nou wragtig toe ek op die kakhuis was. Sy sê sy sal terug kom.

Sal so op hoogte hou. Lang storie kort. In 2013 bars daar ‘n abses op my dikderm. Carel bring my toe na hierdie einste Steve Biko toe, en hulle red toe, sal ek maar sê, my lewe.

Wel nou is ek hier in. Dis Saterdagoggend en ek word eers Maandag gedoen. Dink hulle sal Sondag gebruik om my te prep.

Prys die Here dat ek sovêr kon kom. As ek tot hier is, is dit amper baie seker hulle gaan my help. Volgende is die tand. En dan amper daarmee gelyk: Kom weg by Tops.

Leave a Comment