‘n Hele paar dinge gaan die week gebeur. Dit gaan nie so rof wees nie, maar kom Sondag gaan ek lekker rus. Gaan nie kla nie, ek sal dit maklik kan maak. Hoop net teen Sondag het ek goeie nuus, veral oor die breuk.
Eerste ding wat gebeur is, is Xan land Woensdag. Ek moet hom optel by die lughawe. Gaan sewe uur hier ry as ek die shop gesluit het. Hy land twintig oor nege. Ek hoort hom mooi te vang, want hy sal seker so teen tien uur eers deur doeane wees. Sal vir hom ‘n koue bier saam vat, maar ek dink hy sal lekker drink op die vliegtuig. Ook bietjie biltong soos hy gevra het.
Dan moet ek Donderdag oggend al vyf uur by Steve Biko wees, dis nou om te kyk of hulle die breuk kan reg maak. Ek hoop regtig so. As ek dit die jaar kan doen, sal ek bly wees. Dan kan ek werk aan my gewig, dis nie so moeilik nie, ek weet nou wat om te doen. Hou net my kilojoules onder tien duisend. Dis om te maintain. Om te verloor hou ek hom so op vyf duisend. Dit doen ek nou. En natuurlik hou ek die carbs laag.
En om dit alles te kroon is dit maand einde. En ek kan dalk te min kassiere hê. Maar dit sal ek reël met die winkel. En die kar is ook besig met sy streke. Ek kan hom eers volgende week reg maak, so ek hoop maar hy hou die week.
Hoop ook om in die week te hoor oor die huislening. Ek gaan maar die woonstel koop. Dan kan ek hom mooi reg maak. Maar sal eers moet besluit of ek dit regtig wil doen.
Maar die grootste ding wat moet gebeur is, ek moet iemand kry om ‘n app by my te vat. En ek moet begin glo ek verdien dit, dat dit kan na my kant toe kom. Ek weet dit is wat my terug hou, as ek net daai eerste een kan kry. Net daai eerste geldjie met die apps. Iemand sal die promosie een by my vat, ek weet dit, daar is baie wat dit soek.
Gaan ook verseker vanaand die ander laptop wegpak. Daar is dit ook nou gedoen, ek het die Orderapp email na die rekenaar toe geskuif, nou kan ek die ander laptop vir eers wegpak. Dan kan ek daai tafel gebruik om Woord te leer, dis al, net Johannes, soos al baie besluit het.