Bietjie nuus.

Oraait, nie veel gebeur die laaste paar dae nie, of niks noemenswaardig. Miskien hier en daar ietsie, maar dit sal my seker byval soos ek skryf. Kom ek begin met die huidige stand van sake.

Die grootste nuus is dat Xan kom volgende week kuier van Canada af. Hy is al seker die laaste 6 jaar daar. Hy kom vir die reünie. Ons is 30 jaar uit die skool uit ons klomp. Dit kom net weer uit by wat ek in die vorige post gesê het, tyd vlieg.

Maar ek weet daar is nog baie tyd oor. Nog veertig jaar, twee en veertig om preseies te wees, en dalk nog meer as ek wil. So as ek binne die volgende twee jaar ‘n kind kry (by ‘n vrou natuurlik), kan ek haar veertig jaar oud sien word. En dit gaan gebeur.

Ek het mooi Woord van die Here af gekry, maar ek kan dit nie skryf nie, of ek kan seker, maar ek trek op die eertse bladsy van ‘n nuwe boek, so as jy die boek gaan oopmaak, is dit amper die eerste ding wees wat jy gaan lees. Maar ek moet dit skryf, dit kom ook van die Here af, so ek sal dit môre moet doen. En ek wil dit doen, want dit is mooi Woord.  

Ek sal ook my tafel moet skoon maak, pak vir eers die klein laptop weg, doen die email op hierdie een. Ja, ek sal dit ook vanaand moet doen. Môre oggend moet ek eers vroeg by die werk wees, dan kan ek Donderdag begin om weer by daai tafel te sit. So baie goed wat ek in die oggend wil die, sal maar net moet begin.

Vanaand eet ek eers een moerse ontbyt. Ja vanaand, eet ek my breakfast. ‘n Volle vyfduisend kilojoules een. Brood, eiers, baked beans, die werke. Klaar my brood gekoop, en die kaas opgetop. Low GI brood probeer.  

   

Published by

carelkat

Is maar net ek, Carel Venter. Skryf maar net so nou en dan, en meer. Skryf maar net oor alles in my lewe. Op die stadium nie veel nie. Grootste ding in my lewe nou is my app wat ek gebou het, en nou hoop om te bemark.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *