Ja die vorige keer het ek geskryf dat die tyd stap aan, wel, dit doen. Dis nou al klaar amper einde Junie, en dis die eerste keer die maand wat ek skryf. So dis hoeveel Sondae? En wat nog meer bang maak is hoe min ek gedoen het aan my apps.
Ek het darem iets groot reg gekry, iets wat nou my lewe gaan verander, wat die app bou in ‘n nuwe rigting gaan laat verander. Ek het dit reg gekry om ‘n image in ‘n RecyclerViwe te wys. En dit van Firebase af.
Maar meer later daaroor…miskien. Verder gaan dit goed. Ek is besig om bietjie oor my vrese te skryf. Vrese vrese vrese. Dinge waarvaaor ek bang is en wat wat my terug hou. Daar is sulke vrese. Ja en ek dink ek het ;n paar, nie te veel nie, maar genoeg om aan aandag te gee. En met die bietjie wat ek al klaar agter gekom het deur een te skryf, is dit gaan heel waarskynlik nie eers waar word nie.
Ek gaan gou dorp toe, net bietjie rooibos en katkos kry, dan kom ek terug en werk aan die app. Net die basics eerste.