Ek moet nou mooi dink wat gaan my volgende move wees. Gaan ek aan gaan met die Demo Order App, of gaan ek iets nuuts doen? As ek iets nuuts gaan doen, wat gaan dit wees? Die Demo Order App is klaar daar, ek moet hom net verander om hom te maak dat jy meer as een plek se bestelling kan maak op hom. En van hom af kan ek die Tops app bou. Hulle is ook amper dieselfde.
Van die Tops app gepraat. Hoor vandag daar is ‘n nuwe Tafel Lager Light of Lite uit. Niemand weet daarvan. as ek die app gehaad het, kon ek spasie verkoop het aan Heineken om dit te bemark. Selfde wat ek hoor van Heineken 0%. As ek daai spaces kan verkoop, is dit goeie inkomste. So jy sal moet aan die gang kom.
Volgende post moet ek bietjie skryf oor vrese. Die openbaring wat ek het oor vrese. Dit is die groot ding wat my terug hou, en al baie lank terug hou. Wat nog meer is, vrese wat nie eers sal waar word, of sal realiseer. Net paranoid. Klomp kak. Groot openbaring.